Man in hof oor 80-jarige vrou se moord

Thamsanqa Legonya (Foto verskaf)

Thamsanqa Legonya (32) van die Oos-Kaap het Vrydag in die landdroshof in Polokwane in Limpopo verskyn op aanklag van moord en roof.

Dit is byna ʼn jaar ná die 80-jarige Jacoba (Jackie) Grobler op ʼn gewelddadige wyse in Polokwane vermoor is. Sy was die aand van 21 September 2020 alleen in haar huis by die Koraal-aftreeoord toe ʼn man by haar huis ingebreek en haar aangeval en vermoor het. Die aanvaller het met haar selfoon, skootrekenaar, bankkaarte en R500 kontant van die toneel gevlug.

Maroela Media het vroeër berig ʼn vriend van Grobler het die Maandag omstreeks 11:00 op haar liggaam afgekom en die polisie ontbied. Die polisie het die oorledene op ʼn bed aangetref met oop wonde wat moontlik deur ʼn stomp voorwerp veroorsaak is.

Mashudu Malabi Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het gesê die verdagte was byna ʼn jaar lank voortvlugtig totdat hy uiteindelik in Krugersdorp in Gauteng aangekeer is oor ʼn afsonderlike aanklag van huisbraak.

Die saak is tot 27 Augustus uitgestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hardekwas ·

Ongelukkig kom die meerderheid daarmee weg, en aldus die misdaad probleem in SA.

Frederik C ·

Volgende wat ons van hom hoor is dat borgtog toegestaan is op voorwaarde dat hy sy hofsaak bywoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.