Man in hof oor ‘aanranding’ buite Langebaan-kroeg

Eben Etzebeth.

’n Man verskyn na verwagting Vrydag in die landdroshof in Hopefield aan die Weskus in verband met die beweerde aanranding van twee mans buite ’n kroeg in Langebaan in 2019.

Die Springbokslot Eben Etzebeth en nog ander mense is destyds daarvan beskuldig dat hulle twee mans buite die kroeg aangerand en na bewering rassistiese aanmerkings toegesnou het.

Etzebeth het deurlopend die aantygings teen hom ontken en SA Rugby het intussen ná ’n ondersoek bevind dat Etzebeth hom geensins aan rassisme of aanranding skuldig gemaak het nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, het wel bevestig dat ’n man vandag op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die hof verskyn.

Die man se identiteit kon nie voor die hofverskyning bekend gemaak word nie.

André Calitz, Etzebeth se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media bevestig dat Etzebeth tans in Toulon, Frankryk, is.

Maroela Media het vroeër berig SA Rugby se ondersoek na die voorval het wel verlede jaar bevind dat daar geen gronde vir ʼn saak teen Etzebeth is nie en dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) ʼn gesprek met Etzebeth – asook met ander spelers – moet hê oor die moontlike uitwerking van ander mense se gedrag op hulle.

Oudregter Johann van der Westhuizen het die ondersoek na die bewerings gelei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Aai ·

Nou dat julle weet wie die man is hoop ek nie Eben gaan dit daar los dit het amper jou loopbaan gekos.Maak ‘n saak van lastering oop teen die wat jou beskuldig het.

Blikkies ·

Julle kan maar se wie die ou is? Ons sal vir niemand se nie.

jzjz05 ·

Waar is die MRK en daardie man van hulle wat so blitsig Eben van alles beskuldig het,dit wys hul vooroordeel wat hul openbaar teen wit en afrikaans.Iemande moet vrae dat die MRK ondersoek moet word vir Rasisme en vooroordeel as ook diskrimnasie wanneer dit hul pas .

Jannie van Niekerk ·

Andre Gaum sal nie optree nie want dit is nie ‘n bekend e witte nie.

David ·

Net nog ‘n been van die terroriste wat die land onregeer.

JM ·

“Al jaag die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal dit wel.” Kry vir jou, boetie! Jou liegstories het jou toe niks in die sak gebring nie. Hoop jy word lank toegesluit!

Petrus ·

As Rassie nie in hom geglo het nie, sou hy nie aan Wêreldbeker kon deelneem. En wat van die sogenaamde Sportwinkels wat Plakate van Eben afgehaal het uit protes?

pieter ·

Wys jou net , as jy wit is , is jy klaar skuldig en in die moeilikheid .
Wat doen die klomp dàar by die MRK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.