Man in hof oor ‘aanval’ op Pta-hawelose

Manusi Mothupi in die hof. (Foto: ANA)

Die man wat na bewering ’n hawelose man in Muckleneuk in Pretoria met ʼn voorwerp gesteek het, het Maandag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Manusi Mothupi (40) word tans deur ʼn aanklag van poging tot moord in die gesig gestaar vir sy beweerde betrokkenheid by die aanval op ʼn hawelose man vroeër vanjaar.

Maroela Media het vroeër berig die man het die aanval oorleef waarna hy eers onlangs besluit het om die voorval aan te meld. Mothupi is kort daarna in Sunnyside in hegtenis geneem.

Die vervolging van Mothupi volg sowat ’n maand nadat die liggame van vyf hawelose mans die afgelope tyd in die omgewing van dié buurt gevind is. Al vyf die mans is met ’n voorwerp doodgesteek.

Daar is egter nie in die stadium sprake dat Mothupi met dié moorde verbind word nie.

Mothupi sal na verwagting tot 8 Julie in aanhouding bly sodat die polisie sy bewys van adres en kriminele rekord kan nagaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

schaun ·

Ek het dit geweet,hulle moes iemand vang om die aandag weg te neem van hoe onbevoeg hulle is en toe vang hulle hierdie ou oor hy n bergie glo met n skerp voorwerp gesteek het ,hoekom maak hy nou eers n saak

Karlien ·

“Bergies” maak dikwels nie ‘n saak nie omdat hulle self dikwels n kriminele klag het, hoe gering ookal, meesal bekende heroin of nyope gebruikers is en deur die polisie geviktimiseer word.
Nadat die haweloses of “bergies” van Pretoria die erns v aanvalle teen hulle vesef het wat gelei het tot n reeks moorde in hulle gemeenskap, het hulle begin om die sake wel aanhangig te maak.
Ek werk met hierdie gemeenskap. Dit is gekompliseerd.

Michelle ·

Maak nie saak wat die mense op straat se omstandighede is nie geen een op die aarde het die reg om ‘n ander een se lewe te neem nie. Jy weet nie hoekom daardie mense op straat is nie, jy weet nie hoekom hy verslaaf is nie of hoekom hy verkies om so te wil lewe nie. Niemand weet nie maar tot vir die een op straat het hy reg op lewe en niemand mag dit net kom vat nie.

Gerda ·

Jammer om te sê, maar jy sal vinnig jou deuntjie verander as die verslaafdes/hawelose inbraak maak op jou privaatheid net vir sy volgende fix.

Pieter ·

Michelle, ek stem saam. Verslawing ondersky nie tussen ryk mense, arm mense of kultuur nie. Dit moet swaar op straat wees.

Schalk ·

Snaaks????? Uitvoerende gesag nooit daar was mos nie moorde op die mense op straat nie.Suid Afrika het nie mòorde nie so se die Prexident.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.