Man in hof oor ‘bedrog’ van R100 miljoen

hof-hamer

Argieffoto

Die vermeende baasbrein agter ʼn piramideskema waarby meer as R100 miljoen betrokke is, het Donderdag in die Secunda-distrikshof in Mpumalanga verskyn.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Jaco Leon Jordaan (52) is in Februarie vanjaar in hegtenis geneem nadat 120 slagoffers gekla het oor die beweerde valse beleggingskema waardeur hulle groot bedrae geld verloor het. Die saak is Donderdag tot 15 Maart 2019 uitgestel vir blootlegging van dokumente.

Sekgotodi sê die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het in Maart vanjaar die ondersoek na die saak oorgeneem.

Jordaan was tydens sy inhegtenisneming uit op R50 000 borgtog op ʼn vorige aanklag wat verband hou met ʼn soortgelyke saak in Gauteng. Nadat hy weer in hegtenis geneem is, is hy weer op borgtog vrygelaat.

Die Gauteng-saak is intussen tot 30 November uitgestel wanneer die dossiere na die Secunda-distrikshof oorgeplaas sal word vir die samevoeging van die sake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

HPV ·

Duisende soortgelyke skemas sal die een volg want daar sal altyd mense wees wat so gevang sal word. Hoop hulle vind pille vir domgeit.

Manie ·

Dit is vir my net baie vreemd dat hulle n groot bohaai maak oor sy verskyning. Maar die miljarde se gestelery van anc en eff kon nog nie een voor die hof daag

Elsa ·

Baie waar HPV. My vraag aan die anderkant, hoe leef jy met jou self saam?

Tc ·

En wat van Johan Malherbe van Amatenda?
280mil van beleggers se geld weg en beleggers veg om man in hof te kry.Niks gebeur sovêr!

m.d.r. ·

Weet iemand dalk wat die situasie met Dynamic Wealth is..? Dit is nou 10 jaar dat die Maatskappy onder geregtelike bestuur geplaas is…en die antwoorde op my navrae by maar vaag…
Ons is immers nog steeds die aandeelhouers in Dynamic Wealth en sy vertakkinge, maar ons bly oningelig..!
Gaan hierdie saak ook in die niet verdwyn met al ons spaargeld…..?

Lientjie ·

Jy gaan nog lank wag en jy gaan geen geld terug kry nie. Jy gaan nog gedagvaar word om al die rente wat jy gekry terug te betaal. Dit is hoe dit in al die skemas maar werk wat ONWETTIG bestuur word. Maak vrede daarmee jy gaan NIKS terug kry. Kyk na die Marietjie Prinsloo Ponzi skema. In 1997 begin plat geval 2002 eers in 2010 gevonnis en eers in 2015 haar 25 jaar straf begin uitdien. Al die beleggers is gedagvaar om al die rente terug te kry. Van hulle het alles verloor en woon by hul kinders. Ken self iemand wat daar baie geld belê het en al sy geld verloor het en sy rente aan die prokureurs moes terug betaal het. Dis onmoontlik om soveel rente elke maand te kry. As iets te goed is om waar te wees dan is dit nie waar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.