Man in hof oor Benoni-transitorooftog

Die toneel in Atlasweg (17 Mei 2018) Foto: Verskaf

Een van die vyf mans, wat na bewering betrokke was in ʼn transitorooftog in Benoni verlede maand, het Woensdag in die Boksburg-landdroshof verskyn.

Paul Sibanda (28) het sy aansoek om borgtog laat vaar. Hy het saam met Thato Gaopantwe (26), Colin Hadebe (42), Sibusiso Khumalo (34) en Thabo Molefe (32) in die hof verskyn. Die mans word daarvan beskuldig dat hulle twee geldwaens oopgeblaas het. Die kontant was op pad na ʼn bank van ʼn depot in Kempton Park.

Maria Fife, staatsaanklaer, het aan landdros Emanuel Magamba gesê daar is ʼn groot hoeveelheid ballistiese bewyse nodig vir die saak en het ʼn twee maande uitstel versoek.

Die regsverteenwoordigers van die beskuldigdes het nie die uitstel teengestaan nie. Khumalo het regshulp versoek.

Die saak is tot 13 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Beeldmateriaal van die misdaadtoneel is wyd op sosiale media versprei met ʼn video van die skietery wat wys hoe veiligheidswagte beseer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Reg ·

Dankie vir nuus dekking. Net n vragie- ek ontvang nuusberigte 2 keer. Een minuut uitmekaar?

Sê maar net ·

Veë eers jou Maroela App eers uit van jou foon, dan laai jy dit weer en wella jou probleem in opgelos.

Carl Jordaan ·

Wat sit agter hierdie fyn beplande rooftogte wat nou amper elke dag voorkom. Dit word deeglik beplan en met presisie uitgevoer deur goed bewapende en opgeleide rowers. Af en toe, as dit darem te rof raak, word n paar vasgetrek, maar die ander voer ʼn bestaan daaruit. Waar kry hulle die wapens en die inligting wat nodig is om dit af te trek en wat word van die geld wat geroof word? Hoe lyk die groter prentjie van die misdaadsindikate wat agter die tipe misdaad skuil en tot watter mate is dit waar dat daar SAPD lede betrokke is? Het ons regtig die vermoë om ernstige misdaad aan te spreek? Bestaan misdaad intelligensie nog en verskaf hulle enige waarde?

JM ·

Neem al die korrupte polisie en ministers uit en die misdaad syfers sal daal

Potlood ·

In ander lande handel hulle sake vinnig af, dus hou hulle die howe nie besig met uitstel sake nie… Hier vat alles 6 jaar… Ek wonder wat kos hierdie afrika proses werklik.
Jy weet as hierdie land net aan prosesse kan werk kan ons miljoenne spaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.