
Argieffoto
ʼn Voormalige werknemer van ʼn gerekende konsultantfirma sal binnekort in die Alexandra-streekhof in Johannesburg verskyn nadat hy glo verskeie bomdreigemente gemaak het.
Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het gesê dié 47-jarige man is Sondag ná ʼn jaar lange ondersoek in hegtenis geneem.
Hy het glo tussen 2018 en 2019 drie bomdreigemente gemaak. Dit het tot ontruimings en verlies aan inkomste vir twee maatskappye gelei.
ʼn Bekende finansiële maatskappy wat in dieselfde gebou as een van dié maatskappye is, is ook geraak.
Die Valke het op verskeie items beslag gelê as deel van hul ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Wie en waarom sal goed gewees het om te weet
Dit het tyd geword dat stakende mense wat skade aan die omgewing aanrig van ekonomies sabotasie aangekla word en vervolg word, so ook staatsdiens werkers wat nie hulle werk doen, ook van ekonomies sabotasie aangekla word en vervolg word. Hierdie soort oortredings is duur en ontneem die staat van kapitaal wat vir iets beter aangewend kon word.
Sal seker maar effens oor die vingers getik word en aan hom gesê om dit nie weer te doen nie….