Man in hof oor ‘daggalaboratorium’

Foto: SAPD

Foto: SAPD

William David Lowe Donald (65) het Donderdag in die Goodwood-distrikshof verskyn op aanklag van daggahandel.

Donald is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Hy is in hegtenis geneem op Geo’s Farm in Richwood nadat die polisie op 185 daggaplante ter waarde van nagenoeg R370 000 beslag gelê het.

Moosa Adonis, die staatsaanklaer, het nie borgtog teengestaan nie. Die polisie het Dinsdag op die plaas toegesak waarna hulle glo op twee afskortings in die tuin afgekom het waar dagga gekweek is.

“Daar is ook op ʼn hidroponiese daggalaboratorium afgekom in ʼn stal langs die huis,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.

Donald moet weer op 4 Januarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rupert Ashford ·

Die plante lyk vir my baie gesond op die foto’s, geen verwaarlosing wat ek kan sien nie. Waarom vervolg hulle hom? :-)

Henry ·

Stem saam Rupert.
Dink net hoe lekker sou ‘n hele boel mense aan’t kwetter kon raak met al daai pappegaaislaai.

SkarrelKind ·

Rubert – op die nommer Hahahaa! Dis pragtige plante. Hulle behoort hom te beloon daarvoor en vir saadjies te vra…

Johann Marx ·

Hahahaha Rupert. HOE word die waarde van ‘n daggaplant vassgestel? Volgens die moontlike opbrengs bereken teen die huidige prys? Volgens hierdie berig is elke daggaplant R2 000,00 werd? En ek plant my tuin vol Clivia’s? Dagga Laboratorium? Duidelik was hierdie man dus besig met “navorsing”? In Lesotho groei hulle hierdie plante sommer so in die berge en dale om klein nedersettings……niemand aanvaar “verantwoordelikheid” daarvoor nie, dank die voorvaders vir die gelukkie, en rook hulleself in happiness in.

Green in the valley ·

Genugtig man ! Dit is vir medisinale doeleindes ! Is een van julle n Bill Clinton of wat , jy is nie veronderstel om dit te rook nie . Maar dan maak die Pharma industrie nie geld uit ons uit nie .
Kan hy nog steeds eis teen sy oesversekering as hulle dit aan die brand steek ?

1Joh5'21 ·

Kennis is MAG nie dinge wat jy IN..
weens ‘n gebrek aan KENNIS gaan ‘n men(s) te gronde.

Johann ·

Sluit hom lewenslank toe! Hy is n moordenaar van siele!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.