Man in hof oor driejarige se moord

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

ʼn Ondersoek word gedoen om te bepaal of die driejarige Cuburne van Wyk seksueel aangerand is en of daar enige poging aangewend is om van die bewyse ontslae te raak.

“Die moontlikheid van ʼn seksuele aanranding word ondersoek,” het senior staatsaanklaer Henk Strydom aan verslaggewers by die landdroshof in Boksburg gesê. “Die liggaam is moontlik aan die brand gesteek om bewyse weg te steek.”

Die man wat in verband met Cuburne se moord in hegtenis geneem is, het Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn. Die hof het beslis dat die saak in camera aangehoor sal word. Volgens die hofbevel mag die verdagte se naam ook nie bekend gemaak word of foto’s van hom versprei word nie. Die verdagte moet eers aan ʼn uitkenningsparade deelneem.

Die hof het nie enige media of die publiek in die hofsaal toegelaat nie. Die man se naam was ook nie op die hofrol nie.

Die man, vermoedelik in sy 20’s, staan tereg op aanklagte van moord en vermoedelik ook ontvoering en dwarsboming van die gereg. Sy saak is tot 22 Augustus uitgestel waar hy formeel aansoek sal doen om borgtog. Hy bly in aanhouding.

Strydom het gesê die verdagte wou homself tydens die hofverrigtinge verteenwoordig, en het nie regshulp gevra nie. Die staat beplan om sy borgtogaansoek teen te staan.

Die beskuldigde is Woensdag in Germiston deur metropolisiebeamptes in hegtenis geneem.

Cuburne se liggaam is Saterdag deur ʼn voetganger op ʼn mynhoop in Reigerpark, Ekurhuleni in Gauteng opgespoor. Volgens die polisie is hy dood aan verskeie kopbeserings en brandwonde. Hy het op 6 Augustus verdwyn toe hy saam met sy sibbe buite gespeel het.

Lees ook:
Man in hof oor moord op driejarige
Man vas oor ontvoerde kleuter se moord
Pa eien seun aan litteken op sy gesig
Verbrande kinderlyk uitgeken
Kind se verbrande lyk in Reigerpark gevind
Man gesoek oor Reigerpark-ontvoering
Reigerpark-seun glo ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Belinda ·

Hoe is dit moontlik dat n uitkenning kan help die enigste persoon wat hom sal ken is dood en dit is n onskuldige 3 jarige kind ag nee regtig sit dit soos Oscar se saak ook op die Dish sodat die hele land kan sien hoe lyk so vark!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.