Man in hof oor gru-dubbelmoord

Chantelle Ash en haar babadogtertjie, Tasneem. (Foto: Facebook)

Die 29-jarige Mohammad Nasir het Vrydag in die Mokerong-landdroshof buite Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo verskyn in verband met die grumoorde op Chantelle Ash (20) en haar nege maande oue babadogtertjie.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê die saak is tot 29 Januarie uitgestel wanneer Nasir formeel om borgtog sal aansoek doen.

Nasir is Donderdag in Brixton, Gauteng, in hegtenis geneem na die moorde wat verlede week plaasgevind het.

Ash en haar dogtertjie, Tasneem, se lyke is verlede week Donderdag in ʼn kamer van ʼn lodge naby Mokopane aangetref nadat hulle twee dae tevore saam met ʼn man daar oornag het. Die man wat saam met hulle daar afgelaai is, was spoorloos.

Ash en Tasneem se hande was agter hul rûe vasgebind en hulle is vermoedelik verwurg.

Die polisie het na die moorde sy 72 uur lange aktiveringsplan in werking gestel om die moordenaar op te spoor. Ingevolge hierdie plan word bykomende hulpbronne dadelik beskikbaar gestel om die polisie in ʼn ondersoek te help.

ʼn Foto van die man wat die polisie in verband met die moorde wou ondervra, is ook wyd op sosialemedianetwerke versprei.

ʼn Uitgebreide soektog is van stapel gestuur wat tot Nasir se inhegtenisneming gelei het.

Moatshe sê die motief vir die moorde is steeds onduidelik, maar gesinsgeweld kan nie uitgesluit word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

GEEN BORG NIE

Cherokee

‘Gesinsgeweld kan nie uitgesluit word nie’.
Kan jy dit glo dat gesê word, dit was ‘miskien’ gesinsgeweld!
Die gemors sal toegesluit word en na ‘n dekade of wat vrygelaat word.
As hy ‘n gewete gehad het, sou dìt hom nooit vrylaat nie. Hy het dit egter nie.

Sarel

Ky ksn miskien nog aan ‘n mens borg toestaan maar hierdie is ‘n ” ongewensde Spesie:”

Casper

Dit is waar die A N C skitter.Rampie het self gesê geen borg vir misdadigers wat misdade teen vrouens en kinders gepleeg nie.As ek na die baba kyk dan wonder ek of hy die pa is.Is dit nie dalk waaroor dit gaan nie.

twaalfboor

Regtig? Bind ń 4 maande oue babatjie se hande agter haar rug vas? Siek.