Man in hof oor inbraak by Valke se kantoor

Argieffoto

Brandon Okkers (34) het Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn in verband met ʼn inbraak by die Valke se kantoor in Bellville die afgelope naweek.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het gesê daar is by drie kantore ingebreek en daar was ook ʼn poging om die deur van nóg ʼn kantoor oop te breek. “Okkers is Dinsdag in hegtenis geneem en hy het sekere persoonlike items van Valke-lede in sy besit gehad. Die ondersoek sal ook bepaal of die verdagte verbind kan word met inbrake by dieselfde gebou die afgelope twee jaar.”

Nkwalase het gesê items soos geheuestokkies, hardeskywe en privaat persoonlike besittings van lede is tydens die inbrake gesteel. “Die saak is intussen ook na die SAPD-speurdiens verwys vir verdere ondersoek. Die Valke ondersoek ook die saak.”

Okkers bly in aanhouding totdat hy weer op 23 April 2020 in die hof moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.