Man in hof oor k-woord

Argieffoto

Argieffoto

Erik Neethling (33), wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn motoris die k-woord toegesnou het, se saak is in die Wynberg-landdroshof uitgestel, het The Star Maandag berig.

Neethling is van crimen injuria aangekla nadat hy Zenzele Moloi (42) glo ʼn k****r genoem het. Die voorval het glo op 21 September plaasgevind tydens ʼn verkeersknoop in Houtbaai.

Rahidien Cullis, die staatsaanklaer, het Vrydag in die hof aangevoer dat ʼn ongeluk tot die verkeersknoop gelei het. “Die beskuldigde het na die klaer se motor gestap en sy motor se sleutel gegryp. Die klaer het gevra, ‘Wat doen jy?’, waarna die beskuldigde gesê het: ‘Wat gaan jy doen, jou f****n k****r?’.”

Volgens Cullis het die beskuldigde hierna met die sleutel weggestap en gesê: ‘F*k jou, k****r’. “Die klaer het uit sy motor geklim en aangedring op sy sleutel, maar die beskuldigde het net weggestap.”

Volgens Cullis het Moloi vir Neethling agternagesit en het ʼn passasier in Neethling se motor glo vir hom gesê om die sleutel terug te gee. “Die beskuldigde het die sleutel vir die klaer gegooi en gesê: ‘Hier k****r, vat die f****n sleutel.”

Neethling het ontken dat hy Moloi beledig het. “Ek het nie dit gesê nie. Dit is die eerste keer dat ek hoor dat ek daardie dinge gesê het.”

Die saak is tot 26 Februarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

lorayne ·

Die OUDSTE trick die afgelope 21 jaar. . . Slaan ons met die rasse kaart. Erik Neethling herhaal die “K” woord NET te veel, wat my laat dink dinge word oordryf, sou dit ooit gesê gewees het. En waar is al die getuies? Ek verwag die hele buurt sal uitkruip in support of Zenzele Moloi!
DIT is ons lewe . . DIT is ons lot! Sterkstaan Erik!

Bruno Stef ·

Ek hoop nie dit is die selfde geval as die Vrystaatse Universiteit waar die juistheid van die klaer as n spul leuns bevind is nie, Om soos Jonathan Jansen bevooroordeeld te wees en studente n jaar te ontneem van hulle studies net om later n beskeie verskoning aan te bied later wys my net dat wie se brood ek eet wie se woord ek spreek. Die geringste voorval kan van n molshoop n berg gemaak word as dit voordelig is met die regte rugkrappers om jou aantuiging te steun.

Mishka ·

Dit maak mens so woedend. Hierdie rassehaat begin nou regtig hand uitruk. Óns mag nie die k-woord sê nie, maar as hulle ons boere noem en dit uitspoeg, wat vir hulle présies dieselfde betekenis het, dan kraai geen haan daarna nie. Oor die jonges wat hul gesigte swart geverf het, was daar ‘n helse debakel. Maar wat van die swart kinders wat hul gesigte wit verf en op straat bedel en op pad na KZN kry jy hordes van die vrouens met wit gesigte. Is dit nie maar dieselfde nie? Wonder maar net …

scalla ·

Hoe weet hy daar is met hom gepraat, hy was seker die enigst k….. wat daar was.

zahn ·

Mindeerwaardigheidskompleks + waarheid = vervolging van blankes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.