Man in hof oor kaalfoto’s van meisies

court-hammer_thumb‘n Man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, het Maandag weer in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn.

Kapt. Elsabe Augoustides, woordvoerder van die polisie, sê die beskuldigde moes vandag gevonnis word maar die saak is uitgestel sodat dit na die streekshof verwys kan word.

Anthony Louw, ‘n konstruksiewerker, het vroeër skuldig gepleit op aanklag van die besit van kinderpornografie.

Daar is seksueel aanloklike en eksplisiete foto’s van jong meisies in Louw se besit gevind. Een van die meisies is glo 12 jaar oud.

Louw het glo die name “Shivon”, “Chivonne” of “Chevonne” gebruik om geskeide vrouens en hul dogters op BBM en WhatsApp te bevriend.

Hy het hulle gevlei en die meisies het later vir hom foto’s gestuur van waar hulle kaal poseer. Van die foto’s is glo voor skole in die Rustenburg-omgewing se naamborde geneem.

Louw is na ‘n wenk van die publiek in hegtenis geneem.

Die saak is tot 27 Augustus uitgestel wanneer dit in die streekshof aangehoor sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

stella ·

Die jong meisies wat hul naakfotos aan iemand stuur is ok netso skuldig

Wollie ·

As iets jou pla, sny dit af… Ja, die meisies het duidelik nie opvoeding nie. Hulle ma’s het hulle seker ook toegelaat om “Swartwater”en kie te kyk. Dit het julle nou daarvan. Dan wil julle klippe gooi en neerhalend wees teenoor ouers wat hulle kinders van die tipe goed probeer weghou.

lorayne ·

As ‘n mens jou met die semels meng . . . hoekom wil jy skreeu as die varke aan jou vreet?

Ina ·

Ek meen REGTIG, kaal fotos van jouself neem en vir ‘n vreemdeling stuur??????? Hulle moet sommer die fotos teen die skool se muur gaan sit of op FB sodat almal daarna kan kyk. Hoe siek het ons samelewing nie geword nie. Het kinders (en grootmense) GEEN respek vir hulle self nie, as dit my kind was het ek haar flippen nek gebreek… eeeewww dis GROSE, wat de hel leer die ouers hulle kinders????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.