Man in hof oor Kersfees-verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 18-jarige wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 12-jarige meisie op Kersdag verkrag het, het in die Komga-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn.

“Hy bly in aanhouding en moet weer op 5 Januarie in die hof verskyn,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is Saterdag omstreeks 03:00 in hegtenis geneem nadat hy die meisie glo net voor middernag op Kersdag na sy huis gelok en haar verkrag het.”

Die verdagte het die meisie glo by ʼn partytjie ontmoet en die meisie het gevra hy moet vir haar ʼn geskenk gee. “Die verdagte het glo aan haar gesê sy moet hom agtervolg, want haar geskenk is by sy huis. Hy het haar daarna glo gedreig en toe verkrag,” het Manatha verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lynet ·

Vraag wat soek ‘n 12 jarige op ‘n partytjie 12uur die aand en as sy dalk nie die persoon geken het nie hoekom ‘n geskenk van hom soek? Vinnig om te skree verkragting maar het sy nie vir ‘n geskenk gevra nie? Gaan huistoe en bly by die huis julle is nog gans en al te jonk om daardie tyd van die aand uit te wees.

jacobus ·

Geen iemant het die reg om n vrou/meisie teverkrag nie as jy as man waardes en selfrespek het sal jy weet dis nie reg om sex teen iemant se wil tevat so baie mense blameer altyd die slag offer maar regverdig wat die oortreder gedoen het ek se you did the crime you must do the time

Lynette ·

Op 12 jaar bly dit verkragting al het sy toestemming gegee.

Weskaper ·

Hoekom is my kommentaar afgehaal, dit was vertoon net nadat ek dit geplaas het maar is intussen afgehaal.

Dit lyk my as jy die waardheid praat word dit nie toegelaat nie. My kommentaar het geen vloekwoorde, lelike opmerkings of so iets bevat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.