Een van die mans wat moontlik deel was van ʼn groep wat die sleepdood van die vierjarige Taegrin Morris veroorsaak het, het Woensdag vlugtig in ʼn volgepakte Boksburg-landdroshof verskyn.
Lede van die publiek wat die hofverrigtinge bygewoon het, het “geen borgtog, been borgtog” en “genoeg is genoeg” geskree toe Thamsanqa Twala (32) na die aanhoudingselle uit die hof begelei is.
Staatsaanklaer Henk Strydom het verduidelik dat Twala tereg staan op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.
Twala se prokureur het aangedui dat sy kliënt tydens sy volgende hofverskyning op 7 November wil aansoek doen om borgtog. Die staat het aangedui dat hy dit gaan teenstaan.
Twala is Dinsdag in Katlehong in hegtenis geneem, nadat hy as een van die vermeende kapers geïdentifiseer is.
Taegrin is in Julie dood toe hy kilometers ver buite sy ouers se gekaapte motor gesleep is. Hy het in sy veiligheidsgordel verstrengel geraak toe sy ma hom wou uithaal, en die kapers het met hom weggejaag. Sy ouers is in Reigerpark gekaap en die motor is later in Boksburg opgespoor. Taegrin was reeds dood.
Mag hy asb tog net baie LANK sit vir wat daardie arme seuntjie moes deurgemaak het en mag hy ook se wie die ander was wat betrokke was!!! Mag julle VROT in die tronk!!
Gebruik dieselfde motor
Gee hom borg. Dit sal die einde van die saak wees……..
Stem, doen met hom wat hy aan daai onskuldige seuntjie gedoen het wat nog sy hele lewe voor hom gehad het. Hy het nie daarvoor gevra of verdien nie. Krimenele moet heeltemal uit die samelewing verwyder word.