Man in hof oor Lephalale-plaasmoorde

Susan Kotze Foto: Verskaf aan Maroela Media

Susan Kotze Foto: Verskaf aan Maroela Media

Phillip Kgoantha, die 22-jarige man wat verdink word van die moord op Susan Kotze (76) van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, het Maandag in die dorp se landdroshof verskyn.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê hy staan tereg op aanklagte van moord en diefstal.

“Die saak is tot 19 Januarie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen. Hy bly in aanhouding,” het Otto gesê.

Maroela Media het vroeër berig familielede het Dinsdagaand op Kotze se liggaam afgekom toe hulle haar nie in die hande kon kry nie. Toe hulle gaan ondersoek instel op die plaas, het die huis se ligte gebrand, maar die huis was gesluit en daar was geen reaksie nie.

Die polisie is ontbied en haar liggaam is in die huis aangetref. Sy is vermoedelik met ʼn draadhanger verwurg. Die verdagte het twee selfone, ʼn klein bedrag kontant en haar Ford Bantam-bakkie gebuit.

“Na deeglike ondersoek deur ʼn spesialisspan is die verdagte Vrydag by sy oom se huis in Northam aangekeer,” het Otto gesê. “Die polisie het ook die gesteelde ware opgespoor.”

Volgens inligting het die verdagte op ʼn nabygeleë plaas gewerk, maar is vroeër vandeesmaand afgedank. “Hy het Kotze gevra vir werk en sy het glo ingestem dat hy ʼn paar werkies in die tuin verrig,” het Otto bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor Susan Kotze op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gideon Erasmus ·

Geen mens verdien dit om so te sterf nie- tannie Susan was ‘n dierbare mens, ons blankes moet begin besef dat Suid Afrika se regering niks voel vir ons mense nie- In Frankryk word 12 mense doodgeskiet, die hele wêreld neem aksie, tot in SA word dit aanmekaar genoem in media en op radio.
Hier in ons land word tientalle blankes brutaal vermoor maandeliks, wat geen persoon skade aangedoen het nie- dit is wel persone wat sorg dat die geweldenaar kos op hul tafels het, werkskep, behuising verskaf, medisyne uitdeel aan siek werkers, raad gee, ophef werk doen en so kan lys aangaan, maar kyk net wat gebeur met ons.
Ons het die swakste regering denkbaar!!! Hulle oë sal seker oopgaan as die laaste blanke begrawe word of die land verlaat!!
Sies vir julle wat ons moet beskerm, as ek in die regering was sou ek my doodgeskaam het om belasting geld te vat van mense wat ek so minag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.