Man in hof oor liggaam onder bad

Argieffoto (Foto: Kent Williamson)

ʼn Man wat meer as twee jaar gelede sy vrou as vermis aangemeld het, het Woensdag vlugtig in die Butterworth-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met haar moord.

Yibanathi MacGyver Ndema (43) staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en dwarsboming van die gereg.

“Ndema word daarvan beskuldig dat hy op 1 Julie 2019 sy vrou, Noluvuyo Nonkwelo (36) by hul huis in Zingqayi in Butterworth vermoor het,” het Luxolo Tyali, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê. “Hy het haar op 3 Julie 2019 as vermis aangemeld by die polisie, selfs al het hy geweet dit is nie die waarheid nie.”

Hy is Maandag in hegtenis geneem nadat menslike oorskot, vermoedelik dié van Nonkwelo, onder ʼn bad gevind is. Maroela Media het vroeër berig ʼn familielid het opgemerk dat die bad nie meer aan die vloer vas was nie en onraad vermoed. Die polisie is in kennis gestel en beamptes is na die huis ontbied waar hulle die vrou se oorskot onder die bad gevind het.

“Ndema het regshulp versoek en aangedui dat hy sal aansoek doen om borgtog.” Staatsaanklaer Masixole Mamve het aangedui die staat sal dit teenstaan.

Die saak is tot 10 September uitgestel vir die formele aansoek om borgtog en verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KhoiKhoi ·

Verskriklik.
Net die wete dat die liggaam in die huis is!
En die reuk vroeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.