Man in hof oor liggaamsdele in vrieskas

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn 26-jarige man het Maandag in die hof verskyn nadat sy vriendin verskeie liggaamsdele in ʼn vrieskas by sy woonplek ontdek het.

Flavio Hlabangwane se vriendin het Saterdag op dié gru-vonds afgekom terwyl hy haar na bewering alleen in sy gehuurde kamer in Protea Glen, Soweto, gelos het.

Volgens Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die vriendin om hulp geroep nadat sy die liggaamsdele ontdek het.

Hlabangwane is kort daarna in hegtenis geneem.

“Die verdagte het Maandag in die Protea-landdroshof op aanklag van moord verskyn,” sê sy.

“Hy sal tot 22 November in polisieaanhouding bly om hom kans te gee om vir regsverteenwoordiging by Legal Aid South Africa (LASA) aansoek te doen.”

Die liggaamsdele is vermoedelik almal vroulik, maar dit is nog nie duidelik hoeveel slagoffers betrokke is nie.

Mjonondwane het aan Maroela Media bevestig dat die liggaamsdele na ʼn forensiese laboratorium gestuur is om geïdentifiseer te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Swerwer ·

Dankie aan die vriendin dat sy so vinnig opgetree het, wie weet, dalk was sy volgende. Siek. Kan nie glo hy word tyd gegun om vir homself regshulp te kry nie.

Di ·

Weereens ‘n bewys dat die waarheid een of ander tyd blootgele sal word. Kriminele dink hule gaan altyd wegkom met hulle dade. Net bly die vriendin is veilig!

Dries ·

Dit is vreeslik om te dink daar loop baie van die soort los in SA

Skappie ·

Sjoe, ons lees deesdae net van moord, selfmoord, bedrog, diefstal, geldwassery. Wat het van ons mooi Suid-Afrika geword?

Megan Swart ·

Dagsê Anonymouse

Ons vra om verskoning vir die oorsig, dit is inderdaad Protea Glen. Die artikel is gewysig.

Dankie! Groetnis

Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.