Man in hof oor lyk in puttoilet

‘n Foto van die toneel by die Lehwelere Matlala-nedersetting (Foto: Verskaf)

Thabiso Matlala (29), die man wat Vrydagaand in hegtenis geneem is in verband met die grusame moord op sy oom, het Dinsdag in die Moutse-landdroshof in Limpopo verskyn.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Matlala staan tereg op aanklag van moord en is borgtog geweier. Die saak is tot 30 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig Matlala se oom, Kaizer Makola (42), se verkoolde liggaam is verlede Dinsdag in ʼn puttoilet in die Lehwelere Matlala-nedersetting in Dennilton buite Groblersdal aangetref. Sy liggaam het in ʼn kruiwa gelê.

“Die voorlopige polisieondersoek het onder meer gebrande motorbandstukke [uit die puttoilet] herwin wat glo gebruik is om die man se liggaam mee te brand,” het Ngoepe vroeër gesê. “Die motief agter die koelbloedige moord is nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld word nie uitgesluit nie.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.