Viwe Rulumeni (22) het Woensdag vlugtig in die Dutywa-landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy eksmeisie, die Wits Universiteit-student Asithandile “Kwasa” Zozo, vermoor het.
Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, het gesê Rulumeni het sy aansoek om borgtog laat vaar.
“Hy het verlede week Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn. Ná die staat aangedui het dat hy gereed is om die aansoek om borgtog aan te hoor, het Rulumeni se prokureur gesê sy kliënt wil nie meer op borgtog vrygelaat word nie. Die saak is tot 6 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.”
Rulumeni het Kwasa op 17 Augustus na bewering voor ʼn groep mense aangeval, gewurg en haar met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy het daarna probeer om sy eie lewe te neem deur plaagdoder te drink.
Lewe is goedkoop in SA.