Man in hof oor meisie se moord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn negejarige meisie ontvoer en vermoor het, het Maandag in die Bolobedu-landdroshof, naby Tzaneen in Limpopo, verskyn.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Mohale David Maenetsa is tot 23 Maart uitgestel wanneer hy na verwagting om borg sal aansoek doen. Maenetsa staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met huisroof, moord en ontvoering.

Ria Letsoalo is die aand van 6 Maart ontvoer terwyl sy en haar sewejarige broer alleen in hul huis geslaap het. Hul ma het ʼn begrafnis bygewoon en met haar terugkeer die volgende dag gesien die huis se deur is afgebreek en dat Ria verdwyn het. Sy het die polisie in kennis gestel en ʼn soektog is van stapel gestuur. Ria se liggaam is later in ʼn vlak graf gevind.

Maenetsa is Vrydag in Modjadjiskloof in hegtenis geneem terwyl hy glo na Gauteng probeer vlug het. Maenetsa is glo die ma se voormalige kêrel. Die polisie het intussen vasgestel dat Maenetsa ook gesoek word in verband met ʼn ander moord, twee voorvalle van aanranding, diefstal en huisroof. Hy is ook voorheen gevonnis vir aanranding en huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

THEA SWART ·

nou wie de hel los jou 6 en 7 jarige alleen by die huis vir ‘n begrafnis “we only going for the food” dit maak my sommer siek – sluit die ma toe vir kinderverwarlosing – simpel verby

Charlene ·

Thea ek stem 100% saam jou. Ek kan nie glo dat die ma (wat seker nou baie “hartseer” is) haar kinders so alleen los! Vat hulle saam of bly by die huis. Dis `n teken van `n slegte ma!!! Die arme dogtertjie, die vrees wat daai arme kind moes ervaar. ek hoop hy kry lewens lank of ek hoop van die ander mamma’s daar buite kry hom beet!!!! Maar ek hoop werklikwaar die ma word ook vervolg want waar in die lewe los jy twee sulke jong kinders alleen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.