Man in hof oor ‘mensehandelsindikaat’

Argieffoto

ʼn Man verskyn na verwagting Maandagoggend in die Booysens-landdroshof in Johannesburg nadat 19 Ethiopiërs, wat glo die slagoffers van ʼn mensehandelsindikaat is, uit ʼn huis in Mondeor gered is.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die polisie het Vrydagmiddag op die huis toegeslaan ná ʼn wenk dat die mense daar aangehou word.

Tydens die klopjag is Ethiopiërs toegesluit op die perseel aangetref. Daar is glo reeds begin met die proses om hulle na ʼn ander plek te skuif, het Mulamu gesê.

“ʼn Man, glo ʼn veiligheidswag, het probeer vlug, maar is in hegtenis geneem. Die span het ook beslag gelê op ʼn handwapen en ammunisie.”

Die wag word aangekla van mensehandel en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die 19 mans was in verskillende vertrekke opgesluit en is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

Dalk ‘n dom vraag. Maar wat was die sindikaat se planne vir die 19 mans? Word hul afgepers en moet werk vir min geld?

Hanna Hoekom ·

Hoop die 19 buitelanders word vinnig teruggestuur na hul land toe. Soveel vir grensbeheer, ne?

Spark Plug ·

Johan, nee die ouens word aangehou en dan eis hulle SASSA en gratis medies en behuising van die staat

Johan ·

Hi Spark Plug. Dit maak sin ja. Het nou juis by ‘n kennis gehoor hoe hul die persone op ‘n payroll registreer en dan van die staat af eis.

bambi ·

Mondeor was een vd beste voorstede toe ek grootgeword het in die Suide! what happened??

Adri ·

Dit het wettig gebeur in die 16 en 17 de eeu maar vandag is alle slawe mos vrygestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.