Mohammed Ameen (38) het Donderdag in die hof verskyn nadat hy by die Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is met twee tasse vol buitelandse valuta ter waarde van miljoene rande.
Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Ameen, ʼn inwoner van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, het in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns.
“Die saak is tot 19 Oktober uitgestel wanneer hy in die Strand-landdroshof moet verskyn. Hy bly in aanhouding,” het Ramovha gesê.
Maroela Media het vroeër berig Ameen was Woensdagmiddag op pad om ʼn vlug na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) te haal toe hy onderskep is. Doeanebeamptes het beslag gelê op die twee tasse waarin buitelandse valuta en rande ter waarde van meer as R10 miljoen was.
Lede van die Valke se eenheid vir ernstige misdade is na die toneel ontbied en die man is in hegtenis geneem.
Verstommend dat die VAE altyd die voorkeurbestemming is van ryk, magtige, en twyfelagtige karakters. Sommige selfs geborg daarheen.
Ek wonder of die persoon nie die geld vir iemand in hoë kringe landuit wou vat nie. Ek wonder maar net??!
Muslims hou nie hulle geld in banke nie.
Moet nie bekommerd wees nie die Zuptas gaan dit nie eers mis nie.