Man in hof oor moord op 12-jarige

Argieffoto

Enrico Gerwel (21) het Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van die moord op die 12-jarige Alvineesha Brookes.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Gerwel is tot 24 Junie uitgestel.

Vyf ander verdagtes het ook in die hof verskyn op aanklag van onder andere moord, poging tot moord en opsetlike saakbeskadiging. Die verdagtes is binne minder as 24 uur in hegtenis geneem ná Alvineesha in die kruisvuur van twee bendes in Buysstraat beland het.

Maroela Media het vroeër berig ontstoke lede van die gemeenskap het na ʼn vermeende bendelid se huis in Bardienstraat opgeruk waar Tavern Moss dood is toe hy met ʼn skerp voorwerp aangeval en aangerand is.

Naidu het gesê die vyf beskuldigdes moet weer op 9 April in die hof verskyn.

Kenton Horne (23) het intussen ook Donderdag in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord op ʼn driejarige seuntjie wat geskiet is toe hy vroeër vandeesweek saam met sy pa in hul erf in Helenvale gestaan het. Die seuntjie, Clinton Williams, sterk aan in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HPV ·

Dapper tussen hul bendelede, grootoog en bevrees as hulle tot verantwoording geroep word, eintlik net ‘n klomp lafhartige patete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.