Man in hof oor moord op driejarige

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

Die man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die driejarige Cuburne van Wyk, sal na verwagting Vrydag in die Boksburg-landdroshof verskyn.

Die verdagte is Woensdag in Germiston deur beamptes van die metropolisie in hegtenis geneem.

Cuburne se gedeeltelik verbrande liggaam is Saterdag op ‘n mynhoop in Reigerpark aan die Oos-Rand gevind.

Cuburne was sedert verlede Woensdag vermis nadat hy glo buite sy ouerhuis in die Ramaphosa-informele nedersetting ontvoer is.

Cuburne het ʼn blou sweetpakbroek met geel strepe op aangehad.

Die polisie was vroeër op soek na ‘n man wat hulle moontlik in die ondersoek kon bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.