Man in hof oor Nazi-vlae en vuurwapens

Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

Nazi-vlae wat op die toneel in Bothasig, Kaapstad gevind is Foto: African News Agency

ʼn 70-jarige man verskyn vandag (Vrydag) in die Goodwood-landdroshof in verband met vuurwapens, ammunisie, weermagtoerusting en Nazi-vlae wat in Desember in ʼn huis in Bothasig, Kaapstad, gevind is.

Die man is Donderdag in hegtenis geneem. Volgens die polisie is die man ook daarvan aangekla dat hy nie sy vuurwapen beveilig het nie nadat dit sonder toesig in sy motor gevind is.

Maroela Media het vroeër berig dat die polisie ʼn wenk van ʼn lid van die publiek opgevolg het en op 18 Desember op ʼn huis in Vryburgerlaan afgekom het waar die vuurwapens gevind is. Daar is glo ook op twee knaldempers, ʼn teleskoop, verskeie magasyne en ʼn groot aantal ammunisie van verskeie kalibers, insluitend R1, R5, 9 mm en .45, beslag gelê.

Volgens die polisie het beamptes ook weermag-, opleidings- en herlaaitoerusting, asook Nazi-vlae en -memorabilia gekonfiskeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bruno Stef ·

As n mens van n molshoop n berg wil maak dan kla jy n persoon aan van sulke onbenullighede.Dit maak my nou net wonder as die vlae die hamer en sekel was dan sou daar geensins n klagte ooit gewees het nie.Die persone wat so ingestel is op Duitser “Bashing” lees maar gerus op wat die Kameraad Stalin alles in die oortreffende trap aangevang het klink vir my so baie soos die hedendaagse ophaal van Apartheid by elke geleentheid.

Reinhardt ·

Die vlae is maar slegs om media aandag te kry. Hoe sou jy voel as jou buurman so baie vuurwapens het? Ek sou effens ongemaklik voel, persoonlik.

Loeis ·

Mens lei uit die artikel af dat die vuurwapens en ammunisie onwettig moet wees, en daarvoor sal die reg sy loop neem.

Wat die vlae en ander goed aanbetref is belaglik ‘n mooi woord om te gebruik as daarop ook beslag gele is – dit is geensins onwettig om te besit nie.

Hierdie laat mens so bietjie dink aan een van die (verskeie) kere toe die polisie op Willem Ratte toegeslaan het. In die spesifieke geval het hulle op ‘n houtbyl en ‘n paar windbukse beslag gele en hom daarvan beskuldig dat hy die regering wou omverwerp. Party nuus moet op Cartoon Network uitgesaai word, en daar is ‘n tendens dat dit nuus met ‘n sekere sentiment is.

Eddie ·

Reinhardt
Glo my ek sal baaaaie veilig voel as ek weet my buurman het so groot klomp wapens. Ek sal elke aand met my deure oop gaan slap.

Jan ·

Reinhart, ek sou baie bly wees as my buurman so baie wettige wapens het, dit beteken hy is ook ‘n jagter of sportskut met toegewyde status en dan kan ons lekker skiet gesels. Vuurwapens is bloot gereedskapstukke, dis die individu wat boos is al dan nie.

En Loeis, jou afleiding is verkeerd. Indien die wapens of ammunisie ongelisensieerd/onwettig was sou hulle die persoon aangekla het van onwettige besit. Instede word hy aangekla oor die wapen in die kar omdat ons wette vereis dat ‘n vuurwapen of onder jou direkte beheer is of in ‘n kluis toegesluit is. Volgens die wet mag jy net jou vuurwapen in ‘n voertuig los as daar ‘n kluis geinstalleer is.

chrisp ·

Reinhardt

As dit wettig is sal ek bly wees vir ‘n buurman met meer !

Loeis ·

Jan, die artikel meld dat die man aangekla is oor wat in sy kluis gevind is. Daarna: “Volgens die polisie is die man OOK daarvan aangekla dat hy nie sy vuurwapen beveilig het nie…”

Dit klink dus of die wapen in die voertuig nie die enigste aanklag is nie. Die artikel meld ook ‘n “groot aantal ammunisie”. Volgens wet mag jy normaalweg net ‘n sekere hoeveelheid patrone besit, 200 per wapen, as ek reg onthou. Daar is dus duidelik meer waarvoor hy ondersoek word, so se asseblief waarom my afleiding verkeerd is.

RSA ·

Die ou oom hou seker nou weer n heuwigge bedreiging in vir die land

pop ·

Kan ek asb gehelp word
Mag mens nie n ander land of instansie se vlag aanhou op jou privaat eiendom nie.
Ek is ernstig,!! want ek weet werklik nie.

Eddie ·

Pop
Jy kan soveel vlae van ander lande en plekke hou in jou huis onder in die kas binne in n boks toegedraai sodat niemand dit kan sien nie. Want weereens word ons onderdruk deur die ANC wat ons wil voorse wat om te kan en mag doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.