Man in hof oor ontvoering, moord van agtjarige

Argieffoto

ʼn 23-jarige man het Dinsdag in ʼn hof in Nelspruit, Mpumalanga verskyn op aanklag dat hy ʼn agtjarige meisie ontvoer, verkrag en vermoor het.

Linco Believe Makhubela is Sondag in Sabie in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van die agtjarige Nokubonga Nonyane, het kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Nokubonga is laas op Vrydag, 8 Junie 2018, gesien toe sy saam met haar maats gekuier het. Haar liggaam is die Maandag, op 11 Junie, in ʼn sloot gevind, het Bhembe verduidelik.

Mkhubela het in die Kabokweni-landdroshof verskyn. Die saak is tot 27 Julie 2018 uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.