Man in hof oor oupa, kleindogters se moord

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn 45-jarige man het Woensdag in ʼn hof in Limpopo verskyn op drie aanklagte van moord, poging tot moord en brandstigting ná die moord op drie mense, twee dogtertjies en hul oupa.

Bongani Abraham Boshomane, ook van Sekgakgapeng waar die drie persone gesterf het, het in die Mahwelereng-landdroshof verskyn, het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy aansoek om borgtog is afgekeur en die saak is tot 17 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.”

Maroela Media het vroeër berig Boshomane is Dinsdagaand omstreeks 21:00 by Mogoto buite Zebediela aangekeer waar hy in ʼn plaaslike kroeg weggekruip het. ʼn Spesiale taakspan is aangestel om die saak te ondersoek.

Kamogelo Kekana (5), Sadie Kekana (2) en hul oupa Hendrick Kekana (64) is op 5 Oktober 2018 oorlede toe hul huis in Sekgakgapeng buite Mahwelereng met ʼn petrolbom bestook is. Die familie, altesaam agt persone in die huis, was in die brand vasgekeer.

Brandbestryders kon van die familielede red, maar die twee dogtertjies het op pad na die hospitaal aan hul beserings beswyk. Hendrick is vandeesweek in die hospitaal oorlede.

Die ma van die twee dogtertjies ontvang steeds behandeling in die hospitaal.

Maroela Media verneem die saak hou verband met huishoudelike geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.