Man in hof oor parkering vir polisie

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

ʼn 68-jarige man van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo die departement van openbare werke uit meer as R15 miljoen bedrieg het. Dít nadat hy ʼn ooreenkoms met die departement aangegaan het om 19 onderdakparkeerplekke aan die polisie in Pietermaritzburg te verhuur.

Lede van die Valke in Durban het op Pragasen Pillay toegeslaan omdat hy glo net ses van die beloofde 19 parkeerplekke verskaf en steeds vir die volle bedrag van R15 260 689 geëis het.

“Hy het Dinsdag in die Durbanse hof vir gespesialiseerde misdaad verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat,” het kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê.

Die saak is uitgestel tot 7 Mei, wanneer Pillay weer in die hof sal moet verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Fedup ·

15 Million for parking!!
Honestly, this is just too much for me to handle today.

Piet Snot ·

Lees ek reg: amper ‘n miljoen per parkeerplek?
Goeie besigheid, moet ek sê.

Misky ·

Dit kom neer op net meer as R13 000 per maand per parkeerplek. Steeds belaglik en meer as wat baie mense per maand verdien

dada ·

Net R5 000 vir borg? Nadat hy meer as R15 miljoen uit die polisie bedrieg het? Something doesn’t add up here…

Carel Aaron ·

Borg is net om seker te maak hy kom terug hof toe of hy verloor die R5k. Niks met die omvang en inhoud van die saak te doen nie.

Nick ·

Ons Prez het onlangs benadruk dat SA nie n’n Banana Republic is nie. Hy is korrek. Teen ‘n Rmil vir ‘n parkeering is ons ‘n bonafide 100% dinki dai KORRUPTE Banana Republic. Met ‘n Korrupte polisie bevel. Glo my die ooreenkoms is nie met ‘n konstabel gesluit nie. Follow the money!!

Yolandie ·

Die land van melk en heuning. Die enigste land waar jy die Polisie uit 15 Miljoen kan bedrieg en weg kom daarmee. Hehe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.