Man in hof oor perlemoen

Argieffoto

Argieffoto

Francois Fouche het Dinsdag in die Ventersburg-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat daar meer as ʼn ton perlemoen in sy besit gevind is.

“Die saak is tot Donderdag uitgestel wanneer hy sal aansoek doen om borgtog,” het ao. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, gesê.

Fouche (36) bly in aanhouding. Khosana het gesê die perlemoen het 1 180kg geweeg en het ʼn straatwaarde van R2 miljoen.

Hy is Sondagoggend op die N1 tussen Ventersburg en Winburg in hegtenis geneem nadat die Welkom-blitspatrollie ʼn wenk ontvang het dat hy perlemoen vervoer. Hy het van Port Elizabeth na Johannesburg gery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

So SIEK vir mense wat ons see/omgewing/diere so stroop – kry hul die verbrands SKAAM nie? Werk en verdien geld op ‘n eerlike manier man! Ai, almal wil vinnig stinkryk raak sonder om hard te werk; maak nie saak of die omgewing of natuur of watookal daaronder ly nie. Maak my siek!

Peter Says ·

Party mense Speel…follow the leader, alles word tans in die land gestroop.

pop ·

Daar is nie meer werk nie< en die chinese stroom op grootskaal met groot bote ons waters, daai man het dalk n kind om voor te sorg. En moenie glo hy kry die waarde van die perlemoen daarvoor nie, hy sou bly gewees het as hy R10,000 daarvoor gekry het.

Sollie ·

Ai tog, Pop. As jy ‘n kind het om voor te sorg gee dit jou nie die reg om die wet te verbreek nie! Dan kan elke dief en dwelmhandelaar ook mos sê sy dade is agv die feit dat hy ‘n kind het om voor te sorg! En glo my as mens WIL werk sal jy werk kry. Ek laat my wraggies nie vertel hierdie was die enigste opsie nie – dis net ‘n geval van maklik en vinnig geld maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.