Man in hof oor plaasaanval op bejaarde

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man, wat verdink word van ʼn aanval op ʼn 80-jarige man wat op ʼn plaas in Paulpietersburg in KwaZulu-Natal woon, sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is op 28 September 2019 in hegtenis geneem.

Die slagoffer is op 27 Maart 2019 deur drie mans aangeval. “Hy is vasgebind en met ʼn mes aangeval. Die verdagtes het ʼn onbekende bedrag kontant, twee selfone en die slagoffer se voertuig, wat hulle as ʼn wegkomvoertuig gebruik het, gesteel. Die voertuig is later ongeveer 5 km van die plaas af opgespoor. Die motor was uitgebrand.”

Zwane het gesê die provinsiale georganiseerdemisdaad-eenheid het ondersoek ingestel en die verdagte in Piet Retief opgespoor. “Die ondersoek duur voort. Ondersoekbeamptes is op die spoor van die twee voortvlugtiges.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.