Man in hof oor poging tot moord op Amcu-leier

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

ʼn 36-jarige taxibestuurder, wat tereg staan op aanklag van poging tot moord op ʼn leier van die vakbond Amcu, het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Brits, Noordwes verskyn.

Simphiwe Silwane word daarvan beskuldig dat hy Malibongwe Mdazo, Amcu-takvoorsitter by Western Platinum, op 22 Julie in Mooinooi naby Brits geskiet het. Silwane is in Desember in Lusikisiki in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.

Landdros Stanley Maribe het die saak vroeër na ʼn ander hof oorgeplaas om ʼn ander landdros die geleentheid te bied om die aansoek om borgtog aan te hoor. Maribe sê hy verskoon homself, omdat hy ontdek het dat Silwane verbind word met ʼn saak wat hy vroeër aangehoor het.

Maribe was die toesighoudende beampte toe Samkelo Mkhutshwa op 29 Desember vrygelaat is op borgtog van R2 500.

In ʼn beëdigde verklaring wat sy prokureur aan die hof voorgehou het, het Silwane gesê hy was, ten tyde van die skietery, besig om ʼn sokkerwedstryd te kyk by ʼn sportgrond in Mooinooi. Hy voer aan hy het verskeie skote gehoor en saam met ander toeskouers en sokkerspelers skuiling gesoek.

Hy het gesê hy is eers met die saak verbind toe persone beweer het hy weet wie die skieter is. Silwane se medebeskuldigdes is Nkosinathi Mantashe en Samkelo Mkhutshwa.

Mantashe is vrygelaat op borgtog van R10 000 en Mkhutshwa op borgtog van R2 500. Hulle sal na verwagting weer op 31 Januarie in die hof verskyn.

Die saak teen Silwane is uitgestel tot 1 Februarie vir sy aansoek om borgtog voor ʼn nuwe landdros.

ʼn Groot getal Amcu-lede in groen vakbond-T-hemde die hofverrigtinge bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

PJC ·

Al weer ń taxibestuurder. Wonder wanneer bestuur hulle die taxis.

L ·

Wonder wat het die Amcu ou verkeerd gedoen? Of nie betaal nie? …Hier is iets wat ons nie weet nie, daars n rookie daar doer in die verte…en waar n rokie is, is n….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.