Man in hof oor polisiebeampte se moord

(Argieffoto: Maroela Media)

Hezekiel Knowledge Mngono (27) het in die Tonga-landdroshof verskyn in verband met die aanval op polisiebeamptes.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat oor prioriteitsmisdaadondersoeke, het gesê twee polisiebeamptes was op 9 Augustus aan diens toe hulle onwetend op ʼn sakerooftog by Blok C in Tonga naby Komatipoort afgekom het. “Toe die rowers die polisievoertuig sien, het hulle op die beamptes geskiet. Twee polisiekonstabels, onderskeidelik 38 en 42 jaar oud, het skietwonde opgedoen. Hulle is na ʼn hospitaal gehaas vir mediese behandeling.”

Konst. Amos Themba (42) het Sondag aan sy beserings beswyk.

Tydens die ondersoek is Mngono, een van die verdagtes, opgespoor. Hy bly in aanhouding. Sy saak is tot 24 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peach ·

Sluit toe en gooi die sluitel weg….. in ons hedendaagse samelewing hier in Msanzi, is dit duidelik wishful thinking. Goeie môre my mede Maroelanders.

Casper ·

Maar volgens hoedman mag wetsgehoorsame burgers hulle nie selfverdediging nie.Sels die manne in blou weet nie meer wanneer mag hulle hulleself beskerm nie.Art 49 van die strafproseswet moet gewysig word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.