Man in hof oor Polokwane-ma se moord

Frans Maela. Foto: SAPD

Frans Maela. Foto: SAPD

Die man wat aangekla word van die moord op Tanya Wiers (44), wat Dinsdag wreed in haar huis in Polokwane vermoor is, het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak teen Frans Maela (25) is uitgestel tot 16 Februarie, wanneer hy om borgtog sal aansoek doen. Hy sal tot dan in aanhouding bly. Volgens Mojapelo word daar beweer Maela het in Eduanpark, dieselfde buurt waar die Wiers-gesin woon, gewerk.

Maroela Media het vroeër berig Wiers se liggaam is Dinsdagmiddag deur haar seun, Rolf (16), in een van haar kinders se slaapkamer gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar nek en onder haar ken gehad asook keerwonde aan haar hand. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder.

Wiers se man, Rolf sr., het vroeër aan Maroela Media gesê twee aanvallers was vermoedelik by sy vrou se moord betrokke. Hy het gesê hy is oortuig daarvan dat die moord nie deel van ʼn gewone rooftog was nie, omdat baie min uit die huis gesteel is. Slegs Tanya se trouring en -pand, toonring, armband en rekenaartablet is gesteel.

Die aanvallers het glo twee messe uit die gesin se kombuis gebruik om Tanya te vermoor. Hulle het dit weer gewas en terug in die messeblok gesit, voordat hulle weg is. Tanya se hare is later aan een van die messe gevind.

Mojapelo het gesê die polisie is steeds op soek na ʼn man wat vir die Wiers-gesin gewerk het en vermoedelik die polisie met hul ondersoek kan bystaan.

Lees alle vorige berigte oor Tanya Wiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

tamboti ·

Dankie Maroela vir die foto, hy lyk vir my rerig jammer – jammer dat hy gevang is!!
Mense wat hom herken laat van julle hoor?
Kyk of hy Facebook het en wat daar aangaan.
Ek dink mense moet hul werkers ook op die manier dophou en versigtig wees indien hulle leidrade van haat en geweld optel.
Wat van vorige sake en klagtes teen hom??
Ons tannie van Naboom is deur bediende se “boyfriend” vermoor.
Al is sy nie medepligtig moet niemand ooit weer vir haar vertrou nie! (behalwe Pietser )
GEEN BORG GEEN BORG GEEN BORG GEEN BORG

Johanna ·

Ek werk al die afgelope 10 jaar self het tot die besef gekom almal wat gemoor word het n verbintenis met die een wat in jou huis werk nou het ek dit uitgeskakel en boonop sit ek nie met n gestry oor minimum salarisse of mense wat nie wil werk dan sit jy opgeskeep met hulle omdat die wet hulle beskerm nie nee wat ek kom goed reg dankie

Tragies ·

Seker NIEMAND Voor die hofgebou wat dans nie . nie swart nie, nie wit nie . nie ANC nie, nie DA nie, nie EFF nie . nie MRK nie, ook nie womans league nie, tog so tragies dat ‘n WIT LEWE, veral as dit deur ‘n anderskleurige geneem is NIKS meer werd is nie . nie eers ‘n BANIER op ‘n stok nie.

shirley ·

As mens net deur na iemand te kyk moes besluit het of iemand skuldig is of nie. Sou ek regtig nie gedink het hy is skuldig nie. Dit lyk nie of hy so iets leliks sou kon doen nie. Maar wys jou net never judge a book by its cover. Sies vir hom hoop hy kry sommer baie nagmerries.

Amanda ·

Ja … Nee … so wreed vermoor tot haar oe uitgesteek en soos jy se “tragies” niemand wat voor die hofgebou dans nie….. maar oor die een in die kis……… is dit chaos., en hy het nie eers ‘n skrapie aan hom nie……Hoeveel is daar nie al hierdie week vermoor nie.

susan ·

Maroela. Danki ….. nou weet ons ook hoe hy lyk….. GEEN BORG mag dit wat hy gedoen het ook SY LOT wees….

JC ·

Sterkte met alles julle. Ek sal die vent nie in die gesig kan kyk nie en sal onplof van onreg en woede en myself nie kan inhou nie.
Mag die Here met julle wees in hierdie tyd van beproewing :-)

Bosbok ·

Die ou lyk nie vir my slim genoeg om die steak mes wat gebruik is in die aanval weer skoon te gemaak het EN terug te sit op sy plek nie. Daar moet iemand met meer (siek) verstand agter die storie sit

Sonette ·

Dis absoluut afgryslik verskriklik… sad sad sad. Ek bid vir haar man en kinders. ??

Genieve ·

Hulle moet hom vra wat het sy hom gemaak en hy moet verslag gee waar is sy mede beskuldige geen BORG!!!!!

Dries ·

Ek stem saam met Kobus, dowwe oe se vir ons baie. Bring die galgtou terug. My hart is met haar gesin, Mag die Here julle vetroos en krag gee in hiedie donker tyd.

Melanie ·

Graag wil ek verneem waarom word die blankes so wreed vermoor wat is die motief tog nie roof nie?As jy roof hoekom nie vat wat jy voor gekom het en hoekom weerlose mense( veral oud en boere)aanval.Is die haat teen die blankes(agv apartheid) van so aard dat hul moet geweld toepas.My vraag is waar gaan dit eindig vir die blanke volk?

Pieter ·

Wrede onnodige moorde in SA – my hart bloeie vir die gesin

Wanita ·

Dis so wreed. Ek bly ook in Polokwane.
My seun het gaan opsoek wat die betekenis van Tefo is, wat skynbaar op die kas gekerf was
Dis Sotho vir “Payment, Betaling”
Wonder of die polisie dit ooit weet.

Mercy ·

Die geskrif teen die kas was daar voor die voorval, die gesin het dit bevestig.

hans ·

Wie het dit dan daar geskryf,?Die polisie bevestig wat?Nee die vrou het dit seker self op die kas uitgegraveer.Common sense ?!Gee nie om wat die polisie se nie,dis n grusame moord.

Reet ·

Dit lyk na die man wat my verlede jaar in my erf in Pretoria aangeval het. ‘n Ander een het die hek oopgehou terwyl hy geslaan het. Hy het presies geweet wat doen, asof hy dit al geoefen het. Hy het ook my trouring gesteel.

Tina ·

Wens hul wil die doodstraf gee vir mense wat mense doodmaak ,ons moet een dood sterf maar nou kom doen die wreedaard dit ,lyk my hul wil die Vader kwaad maak ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.