Man in hof oor R1,3 miljoen se bedrog

Argieffoto

Lodewyk Jonck (67) sal weer in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Port Elizabeth moet verskyn op aanklag van beweerde bedrog van R1,3 miljoen.

Kapt. Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Jonck is op 8 Augustus 2019 in hegtenis geneem. “Hy het dieselfde dag nog in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van R1 000. Die saak is tot 14 Oktober 2019 uitgestel.”

Jonck het na bewering tussen 2012 en 2015 sy dogter se maatskappy aangestel as ʼn bemarkingsagent vir ʼn nasionale verfmaatskappy (gebaseer in Port Elizabeth), waar hy as ʼn takbestuurder gewerk het. Hy het glo verskeie betalings aan sy dogter se maatskappy goedgekeur vir dienste wat nooit gelewer is nie. Die maatskappy is uit R1,3 miljoen bedrieg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wielspore ·

Pappa het net vir sy dogter gehelp om haar besigheid van die grond af te kry, duidelik ‘n situasie van “conflict of interest”

Elize ·

Hoekom word hy aangekla en nie Gumede nie. HERONTPLOOI hom net.

Trol ·

Net so Elize. Hy het mos nes n kindjie geleer uit die voorbeeld wat landeyd gestel word.

Muffin ·

Dogterjie het seker ook voordeel getrek uit die oorbetalings. Wonder maar net.

Ampie ·

R1000 Borg vir R 1,3 mil se bedrog. Dis lagwekkend. Baie betalende beroep. So vir n R100 mil betaal ek R100 000 Borg kry miskien 8 Jaar tronkstraf sit 3 Jaar en kom uit. Dit gee my R33 miljoen per Jaar. Gits net jammer ek het nie n BEEE maatskappy of n dogter wat een het.

Alida ·

Wanneer word die regte skelms verhoor. Hulle bly getuig en speel kat en muis met geen resultate nie. Verskyn voor elke moontlike kommissie en verder niks.

Stiks ·

Kleingeld @ dit waarvoor Ace, die Eff leiers lankal in die hof moes gewers het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.