’n Man sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Roodepoort, Johannesburg, verskyn nadat heroïen met ’n geraamde waarde van R5,6 miljoen in 2018 in die kattebak van sy motor gevind is.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die saak is daarna voorlopig teruggetrek hangende ʼn ontledingsverslag van die forensiese dienste.
Die verslag is intussen afgehandel en het nou bevestig dat die middels wat destyds in die kattebak gevind is wel heroïen is.
Volgens Mulamu is ’n lasbrief gevolglik uitgereik vir die verdagte se inhegtenisneming. Die owerhede is toe vandeesweek na die verdagte se huis om hom in hegtenis te neem net om uit te vind dat hy reeds deur die Brixtonse trio-taakmag op ʼn ander afsonderlike dwelmklag in hegtenis geneem is.
ʼn Lasbrief dat hy in die hof moet verskyn is desondanks uitgereik.
2018 tot nou. 2jaar om agter te kom dit dwelms. Net in ons ou landjie
Genade ek kan nie dink dit vat 2 jaar nie! Hoop maar hulle kry die ou en hou die drugs van die strate af! Ons kinders hello!
Wat n treurige spul…hoeveel skade het hy in die tyd gedoen
Ai genade? Moet eers wag vir toets uitslae. Hoe agter is ons met die res van die wereld? Daar is toets apparate wat jou dadelik n aanwysing gee.
Proudly south african. Net ons opleiding kan so vrot wees.