Man in hof oor R800 000 se platinum

Brits-landdroshof (Foto: Maroela Media)

ʼn 62-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy onverwerkte platinum ter waarde van ongeveer R800 000 in sy besit gehad het, het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Orelio Capazario is vrygelaat op borgtog van R5 000. Die saak is tot 30 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Capazario is Donderdag in Hartbeespoortdam in hegtenis geneem toe die Valke op ʼn laboratorium toegeslaan het. “Ondersoekbeamptes het die man betrap waar hy glo besig was met die smeltproses.”

Daar is beslag gelê op sakke vol onverwerkte platinum, chemikalieë en verwerkingstoerusting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Strandloper ·

Ag shame man….hy volg maar net in die voetspore van die regeering….of gaan hy nou parlement toe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.