Man in hof oor renosterhoring

Die renosterhoring waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

’n Man verskyn Maandag in die landdroshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal nadat hy oor die naweek in die besit van ’n renosterhoring met ’n beraamde waarde van R1,2 miljoen voorgekeer is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê lede van die polisie se plaaslike blitspatrollie en die honde-eenheid het Vrydag ’n gesamentlike operasie op die N3-snelweg suidwaarts op Orthmannweg uitgevoer toe hulle ’n swart BMW opgemerk het.

Dié voertuig is voorgekeer en beamptes het ’n renosterhoring van 1,2 kg in die motor gevind.

Die bestuurder (30) van die motor is gevolglik in hegtenis geneem en daar is op die motor beslag gelê.

Die man staan nou tereg op die besit van renosterhoring.

Die swart BMW wat voorgekeer is. (Foto: SAP{D)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie J ·

Laat dit n les wees. As hoed se manne jou in besit van n horing kry in jou bmw is jou doppie geklink!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.