ʼn 42-jarige man sal Donderdag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklag dat hy ʼn tuinwerker met ʼn sambok aangerand het.
Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Dinsdagmiddag in Claremont in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria.
Die aanval het na bewering Sondagoggend in Rondebosch plaasgevind. Die tuinwerker, ʼn 22-jarige Malawiër, was glo besig om na sy werknemer se huis te hardloop aangesien hy laat was. Volgens die tuinwerker het ʼn man in ʼn BMW X5 hom probeer omry. Die man het toe glo stilgehou en hom met ʼn sambok geslaan.
Volgens berigte is daar by die man se motor ingebreek en het hy gedink dis die tuinwerker aangesien hy in die pad af gehardloop het.
Traut het gesê die verdagte het ook ʼn saak van motordiefstal aanhangig gemaak en dat niemand nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem is nie. Die polisie ondersoek die saak.
Miskien ‘n geval van BDSM (Bondage and Discipline, Dominance and Submission, Sadism and Masochism)?
Of dalk die oorsaak van die misdaad wat deesdae so erg is?
Dalk is daar ‘n storie agter die storie. Ek het nog nooit ‘n “previously disadvantaged people” gesien wat hardloop om betyds te wees vir werk nie.
Ek aanvaar jy`s `n regter(bevooroordeelde). Ek sal nou beluit of ek reken jy`s `n rassis of nie, maar ek sal jou nie oordeel daaroor nie. Lekker dag verder!!!
Ek is bloot ‘n pragmatis wat dinge sê soos wat ek dit sien of ervaar. Wat jy ook al “beluit” of reken is nie vir my belangrik nie.