Man in hof oor Sedgefield-vrou se moord

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 50-jarige verdagte het Dinsdag in die landdroshof in Knysna verskyn in verband met die moord op Noreen Hampson (67) van Sedgefield in die Wes-Kaap.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die man het vlugtig in die hof verskyn op aanklag van moord en opsetlike saakbeskadiging. Sy saak is tot 13 Maart uitgestel vir ʼn formele aansoek om borgtog. Hy bly in aanhouding.

Hampson is op 2 Februarie met ʼn hamer aangeval, vermoedelik deur een van haar bure.

Inwoners het haar hoor skree en het paramedici en die polisie ontbied. Sy is egter op die toneel dood verklaar.

Die verdagte is kort daarna aangekeer ná hy glo ook paramedici en polisiebeamptes aangeval het. Hy het ook van die voertuie beskadig van die persone wat eerste by die toneel opgedaag het. Polisiebeamptes het hom met rubberkoeëls geskiet om hom tot bedaring te bring en hom in hegtenis te neem.

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Thinus Erasmus ·

As dit in Kwazulu-Natal was sou die verdagte (moordenaar) nie met rubberkoeels tot bedaring geskiet wees nie, hy sou taamlik dood wees.

Stella ·

Hulle het altyd n motief om te moor en te verwoes,hoekom nie skiet om dood te skiet nie?dan kan hy nie weer moor nie en ook nie “ontsnap”wanneer hy in die hof verskyn nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.