Man in hof oor Top Billing-aanbieder se dood

Simba Mhere. Foto: Legacy Lifestyle.co.za

Simba Mhere. Foto: Legacy Lifestyle.co.za

ʼn Man het Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn in verband met die ongeluk waarin die Top Billing-aanbieder Simba Mhere dood is.

Preshalin Naidoo, die bestuurder van die ander motor wat in die botsing betrokke was, het vlugtig in die hof verskyn. Hy word van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur aangekla. Die saak is tot 23 Julie uitgestel.

Naidoo se motor het op 31 Januarie in Johannesburg teen Mhere s`n gebots. Naidoo het na bewering die William Nicol-afrit gevat, waarna hy glo oor die middeleiland gery en teen Mhere se motor gebots het.

Mhere en sy passasier, Kady-Shay O’Brian, is op die toneel dood verklaar. Mhere se pa, wat ook in die motor was, het geringe beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Wat jy saai sal jy maai.
Wees UITERS versigtig op die pad. Jou bestuurslisensie is ‘n VOORREG en jou voertuig maklik ‘n (vuur)wapen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.