Man in hof oor tweejarige stiefkind se moord

Argieffoto (Foto: Pixabay)

ʼn 29-jarige man het Maandag vlugtig in ʼn hof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die seksuele aanranding en moord op sy tweejarige stiefdogtertjie.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê Ndukenhle Siboniso Mazibuko is verlede week in Nongoma in hegtenis geneem waar hy weggekruip het nadat hy ongeveer ʼn maand lank van die polisie gevlug het.

“ʼn Tweejarige kind is op 14 Oktober 2018 omstreeks 16:00 met ʼn houtstok aangerand omdat sy glo haarself bemors het,” het Mbele gesê. “Sy is daarna na ʼn privaat lykshuis geneem en die personeellede is in kennis gestel dat sy nie asem haal nie. Tydens ʼn ondersoek is daar bevind sy is seksueel en noodlottig aangerand.”

Mazibuko moet weer op 20 November in die Hlabisa-landdroshof verskyn vir sy aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andrea ·

Klink na n Poppie nommer 2 geval. Arme ou klein dogtertjie. Dis darem maar wragtig onaanvaarbaar dat mense só iets doen.

Wonder maar net ·

Ek sou hoop die kindjie was alreeds oorlede toe sy by die privaat lykshuis aankom. “Emagine sy haal nog asem”

Wilma ·

Ondernemer moes ha ni verw. Paramedics moet ha doodsertifiseer en dan moes forensies haar gaan haal. Wonder wie wou iets onder mat invee

Bring Doodstraf terug ·

Aansoek om borgtog…gaan hy dan nog tyd kry om n ander kind te misbruik & dan dood te maak? Hoekom is geleerde mense so onkundig…kan ons nie nou maar die doodstraf terug bring nie?

Gesiggie ·

Bring die Doodstraf terug….. n kind se lewe is geneem??

Essie ·

Hoekom moet belastingbetalers vir hom betaal nring terug die doodstraf God maan ons as jy n lewe neem moet jy ook met jou lewe daarvoor betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.