Man in hof oor uitgelekte wiskundevraestel

(Argieffoto)

’n Verdagte het Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn in verband met die tweede wiskundevraestel wat vroeër gedurende die matriekeindeksamen uitgelek het.

Themba Shikwambana (31) is reeds verlede week in hegtenis geneem in verband met die uitgelekte vraestel voordat hy vandag op borgtog van R1 000 vrygelaat is.

Shikwambana werk vir ’n Johannesburgse maatskappy wat deur die onderwysdepartement gekontrakteer is om matriekvraestelle te druk.

Die tweede wiskundevraestel het in agt van die nege provinsies uitgelek. Nóg ʼn matriekvraestel, die tweede fisiese wetenskap-vraestel, het intussen ook uitgelek voordat leerders dit kon aflê.

Die nasionale raad van onderwysministers het vanoggend vergader om die voorlopige verslag rakende die uitgelekte vraestelle te ontvang. Die raad het saamgestem dat die verslag nog werk benodig voordat dit afgehandel kan word.

Die verslag sal nou intern verwerk word waarna Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, later vandeesweek meer oor die uitgelekte vraestelle tydens ’n mediakonferensie bekend sal maak.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê Shikwambana sal weer op 27 Januarie in die hof verskyn.

Die ondersoek na die uitgelekte vraestelle duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Martie Smartie ·

Moe net nie die verslag laat uitlek nie … print hom maar self moenie hom uitkromtrakteer nie

Persheks Adri ·

Borg vir R1 000 en hoeveel geld het hy gemaak met die verkoop van die vraestelle?

Jaco ·

Dis net die vraestelle van die erg moeilike vakke wat uitlek want dis vakke waar vaste wetenskaplike reëls bestaan wat nie verander of vergemaklik kan word nie. Mark my words, vraestelle van maklike vakke soos lewensoriëntering en toerisme sal nie uitlek nie.

lodewyk ·

Hoop die gemors word toegesluit en sleutels weg gegooi,my dogter skryf nou matriek en werk baie hard vir haar punte,hulle het al klaar n baie slegte jaar agter die rug met die lock down,nou sit en stress hulle of hulle weer gaan oorskryf,dink paar ouers gaan dit nie daar los as die departement van onderwys besluit hulle moet die vrae stelle oorskryf nie ek defenetief nie,en nou gaan die name ook uikom van die ontavangers,en al daai kinders moet semier geskors work en maar boemelaars gaan word,hulle het geen waardes nie!!

Debbie ·

Nog nooit van n land gehoor met soveel skelms soos SA nie. Hartseer

Elize ·

Hou op om julle kaders te verryk en doen bietjie julle werk self!!

Ontnugterde senior ·

Ek wonder of die maatskappye wat tender vir die druk van die vraestelle polisieklaring kry vir al hulle werknemers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.