ʼn 38-jarige man sal na verwagting Dinsdag in die Klerksdorp-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die verkragting van ʼn 15-jarige.
Die verkragting het glo tussen April en Augustus 2019 in Tigane- informele nedersetting in Hartbeesfontein plaasgevind, het brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.
“Die saak is op 30 April 2020 by die polisie aangemeld. Die verdagte is in hegtenis geneem nadat hy homself vandag by die Klerksdorp se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, oorgegee het.”
Die ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Hy gaan ook seker op R2000. 00vry gelaat word!
Wie vang sulke brutale onmenslike dade aan?I rest my case!