Man in hof oor vermiste vrou se lyk in vlak graf

Naadira Vanker het verlede week spoorloos verdwyn. (Foto: Facebook)

ʼn Man van Phumlamqashi in Lenasia-Suid het Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn in verband met die verdwyning van ʼn vrou van die omgewing vroeër vandeesmaand.

ʼn Soektog na Naadira Vanker het Woensdag tot Lucky Mshubi (36) se inhegtenisneming gelei, sê Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng.

Hy het speurders van die polisie daarna na ʼn vlak graf in die gebied geneem.

Vanker, ʼn onderwyseres wat Donderdag uit haar woonstel in Lenasia ontvoer is – luidens berigte glo deur ʼn onbekende groep mans – se oorskot is in die graf gevind.

Die staat voer aan Mshubi het die misdaad wat tot Vanker se dood gelei het, beplan. Nadat hy besef het sy is dood, het hy na bewering die graf gegrawe en haar daarin begrawe.

Die oorsaak van Vanker se dood is nog nie bepaal nie.

Mshubi staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, menseroof en regsverydeling. Hy bly in aanhouding en gaan nie aansoek om borgtog doen nie.

Mshubi het ook aangedui dat hy sy eie verdediging wil behartig, waarna die saak teen hom tot 26 Junie vir verdere ondersoek uitgestel is, sê Mjonondwane.

Die ondersoekspan word deur aanklaers ondersteun en die NVG sê hy gaan geen kommentaar lewer oor enige kwessie wat verband hou met die ondersoek of die meriete van die saak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jzjz05 ·

Vir moordenaar is daar net een regverdige straf en dit is die doodstraf.

OW ·

Jy is 100% reg jzjz05.Net jammer dit is dekades gelede afgeskaf.So ‘n kragtige stuk gereedskap in ‘n derde wêreld regering se hande,kan ook baie gevaarlik wees.SA se tronke is natuurlik ook nie speletjies nie.Solank daar nie ‘n verbeterde staatsstelsel ontstaan nie,gaan SA bloei.

Miskruier ·

N pragtige jong vrou, ontvoer deur n groep mans, dit skreeu ten hemele.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.