Man in hof oor vrou se dood op Franschhoek-wynlandgoed

Chanel du Toit (foto uit eNuus-video)

Chanel du Toit (foto uit eNuus-video)

Huweliksprobleme en ʼn buite-egtelike verhouding was moontlik die motief vir die moord op Chanel du Toit van ʼn wynlandgoed in Franschhoek twee jaar gelede.

Só beweer die staatsaanklaer in die voorlopige opsomming van sy saak teen Chanel se man, Johan du Toit (29). Du Toit het Maandag in die Paarl-landdroshof verskyn, berig Beeld.

Chanel se liggaam is op 7 Julie 2010 deur haar skoonma by haar huis in die Dieu Done-wynlandgoed gevind. Sy was glo verwurg. Sy en haar man was vir ʼn jaar lank getroud.

Johan het onskuldig gepleit op aanklagte van moord en strafbare manslag. Die saak duur voort.

– Sapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.