Man in hof oor Westbury-skietery

Argieffoto

Argieffoto

Lindray Khakhu (24) het Dinsdag in die Newlands-landdroshof, wat ook as die Sophiatown-hof bekend staan, verskyn in verband met ʼn skietery in Westbury, Gauteng, waartydens ʼn driejarige kritiek beseer is.

Khakhu staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord.

Die hof het gehoor Khakhu staan ook tereg op drie aanklagte van poging tot moord in ʼn afsonderlike saak. Dié saak is hangende in die hooggeregshof, het staatsaanklaer Vincent Mochabela aan die hof gesê.

Luke Tibbetts, die driejarige, en ʼn 26-jarige man is Saterdagaand deur dwaalkoeëls getref toe hulle in aparte motors in die gebied gery het.

“Luke se toestand het nog nie verander nie,” het ao Gordon Billing, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Dinsdagaand gesê. “Hy is steeds in ʼn kritieke toestand en word met masjiene aan die lewe gehou.”

Die 26-jarige man se regterarm is getref en hy is in ʼn hospitaal behandel en reeds ontslaan.

Die saak is tot 12 Augustus uitgestel. Khakhu bly in aanhouding by Johannesburg sentraal gevangenis.

Lees ook:
Driejarige steeds kritiek ná skietery
Driejarige kritiek ná Westbury-skietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wilma ·

Ek verstaan nie, oral oor die word daar gesê sy masjiene is afgeskakel en hy is reeds dood. Wat moet die publiek nou eintlik glo.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wilma

Hierdie is die jongste inligting wat ons ontvang het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.