Man in hof oor wildtuin-ontvoering, diefstal

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Werknemer van die Londolozi-wildreservaat wat daarvan beskuldig word dat hy ’n kollega ontvoer en meer as R5,2 miljoen gesteel het, het in die Nelspruit-streekshof verskyn.

Wade Morgan Williams (30) is nie gevra om te pleit op die aanklagte van diefstal, motordiefstal, die rig van ʼn vuurwapen en ontvoering nie. Williams, wat in Londolozi se finansiesafdeling gewerk het, is op 4 April by die Riverside-winkelsentrum in Nelspruit in hegtenis geneem.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het buite die hof aan African Eye News Service gesê Williams word daarvan beskuldig dat hy een van die reservaat se bestuurders gedwing het om die pinkode van die maatskappy se bankrekening aan hom te gee.

Die bestuurder het glo aanvanklik geweier waarna Williams hom glo vasgebind en die veld ingevat het. Williams het hom glo met ʼn vuurwapen gedreig waarna hy die pinkode verskaf het. Die bestuurder is later deur veldwagters gered.

Williams het glo met R200 000 kontant en die bestuurder se Land Rover gevlug. Hy het glo ook kort hierna R5 miljoen van die reservaat se bankrekening na sy eie rekening oorgeplaas.

Die saak teen Williams is na die Witrivier-landdroshof oorgeplaas. Hy sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.

African Eye

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.