Man in hof vasgetrek vir ‘vriendin’ se moord

Aviwe Jam Jam. Foto: Facebook.

ʼn 26-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op Aviwe Jam Jam (24), die vrou wie se liggaam in Julie naby Athlone in die Wes-Kaap gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is in die Khayelitsha-landdroshof in hegtenis geneem ná hy voorgekom het op ʼn ánder klag van poging tot moord.

Rwexana wou nie berigte bevestig dat die verdagte en Jam Jam in ʼn verhouding was nie. Haar liggaam is by die Vygieskraal-stadion naby Athlone gevind.

“Ons kan nie in dié stadium sy naam bevestig of dat dit haar kêrel was nie omdat hy eers op 20 September in die hof moet verskyn,” het Rwexana gesê.

Die verdagte sal in die Athlone-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

“Om kwesbare groepe te beskerm bly ʼn prioriteit vir die polisie,” het Rwexana laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ai ·

Hoeveel vrouens en kinders moet na aan die hand van ‘n man sterf?! Het enige iemand ‘n benul van die voor-afgaande mishandeling en misbruik, totdat die persoon tot die daad oorgaan en sy slagoffer vermoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.