Man in hof vir Bela-Bela-onnie se mesmoord

Desmain Clark Adams. Foto: Die Pos/Herman Steyn

Desmain Clark Adams. Foto: Die Pos/Herman Steyn

ʼn 20-jarige man het Woensdag in die Bela-Bela-landdroshof verskyn in verband met die moord op ʼn plaaslike onderwyseres, Lindie Bosch-Jansen (35).

Phumudzo Nephaoma, woordvoerder van die hof, het aan Maroela Media gesê Desmain Clark Adams het vlugtig voor die landdros verskyn. Hy is nie gevra om te pleit nie. Adams sal Dinsdag weer in die hof verskyn vir sy borgtogaansoek. Hy sal in polisieaanhouding bly tot dan.

Lindie Bosch-Jansen (Foto: Facebook)

Lindie Bosch-Jansen (Foto: Facebook)

Maroela Media het vroeër berig Bosch-Jansen is Saterdagaand ten aanskoue van haar kinders op die terrein van Laerskool Warmbad met ʼn mes doodgesteek. Sy was besig om saam met haar vriend, Howard Holtzhausen, op te ruim ná ʼn 60ste verjaardagpartytjie en het goed na haar motor gedra. ʼn Man het uit die bosse gestorm en haar in haar sy gesteek.

Bosch-Jansen se seuns, Jay-Bee (10) en Juvan (7), en Holtzhausen se dogtertjie, Meghan (5), het die aanval gesien. Holtzhausen het met Bosch-Jansen na die hospitaal gejaag, maar sy is kort daarna dood.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Adams is nog dieselfde aand in hegtenis geneem.

Lees alle vorige berigte oor Lindie Bosch-Jansen..

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Martin ·

Man, kan ons vir hom net in die hande kry. Ek dink dit is beter vir hom om sommer net in daai tronk te bly.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Hier is baie baie siek mense op aarde dit moet nog net a naam kry . Nou moet daardie kindertjies sonder hulle mama groot word Hierdie berig vat my baie hart eks stom geslaan .

Sumari ·

Mens kan niks aan hulle doen of vir hulle iets sê nie, want hulle het ook regte. Ek voel jammer vir die kinders wat sonder ‘n mamma moet groot word. Hoop hy vergaan in die tronk, maar nee vandag kom hulle te gou uit die tronk. En nog iets tronk lewe verander mense nie hulle sal weer moor. Mens kan nie anders om hulle te haat nie.

Leeutjie ·

Hoe lekker lag ek nou vir jou Riaan! Daar is baie misverstande!!

Winston ·

Vir hierdie sinnelose moord het ek nie woorde nie. Nie wat ek hier kan sê nie. Dit sal nooit geplaas word nie. Die slagoffer, haar kinders, familie en vriende het geen regte nie. Die, kom ek sê maar krimineel moordenaar het nou die “reg” op n regverdige verhoor, regte in die tronk, reg op n gratis prokureur, reg om aan te gaan met sy misrabele lewe en so word die lys al langer. WAARHEEN IS ONS OP PAD MENSE!! BRING DIE DOODSTRAF TERUG.
Sterkte aan haar naasbestaandes. Ek dink aan julle.

Stuart ·

Dis vir my erg om sy gee-nie-‘n-duiwel-om bakkies op die foto te sien. Hy is niks gepla soos dit my lyk. As Zuma verjaar kom almal mos uit….

willie ·

En ek dink daar dinges Riaan se kommentaar in die hek….MWA…..Maroela Wen Alweer!

Martin ·

Willie, hoekom uitvaar teen Maroela. Jy weet mense soos jy maak my siek. Hier doen hulle goeie – baie goeie werk – en dit is gratis. Ander Media het al hulle kommentaar funksie verwyder. Dit sal my nie verbaas as dit binnekort hier ook gaan gebeur nie. Hulle stel dit tog duidelik, hulle behou die rêg om kommentaar te verwyder. Baie keer is kommentaar nie van pas nie. Dit werk nie so nie ou maat.

Sollie ·

Riaan, sommige dinge moet liefs ongesê bly al voel ons almal so. Laat ons onthou ons is opgevoede mense en dat ons nie na sekeres se vlak daal nie.

Paul ·

Sollie,
Ons word so opgevoed dat ons tog so bang is om die krimineel se regte aan te tas. Hy kan my gesin kom vermoor maar ons moet opgevoed bly en niks sleg van die moordenaar se nie. Dit is siek om so te dink, die krimineel behoort regverdig te boet vir sy dade en niks meer genade aan hom betoon word as wat hy aan sy slagoffer betoon het nie. Die krimineel behoort geen regte meer te he nie, NIKS, NUL.

Sollie ·

Paul ja, ek stem kriminele behoort geen regte te hê nie. Ek verwys egter op die feit dat ons as opgevoede mense ons taalgebruik en dinge moet dophou en binne Maroela se perke vir kommentaar bly.

Hannie ·

Skrikwekkend! Waar gaan dit eindig en geen vooruitsig dat die situasie sal verander, eerder dat dit sal toeneem, maak my opreg bang en onrustig!

Naas Vermaak ·

Die doodstraf gaan net so min help soos om bv ‘n hond wat ‘n mens aangeval het uit te sit……honde/diere gaan dit weer en weer en weer doen….

Hannelie ·

Pappa wag vir jou in die tronk jou gemors! Maar more is jy weer ‘n vry man want ons regering hou van jou.

SNEL ·

Al hoop is; as Pappa en sy vriende hom opgebruik, voor hy weer vrygelaat kan word.
Voel so jammer vir haar familie en gesin wat se lewens nou so omvergegooi is deur so gemors. Jammer dat haar paaie nou met die skurminkel moes kruis.

Gideon ·

Hoekom lyk dit vir my of daardie moordenaar se oë vir mens iets wil sê! Ek hoop nou nie daar is weer vuilspel betrokke nie!

jan ·

gaan die saak ook op televisie uitesaai word, gaan die ANC vroueliga ook daarteen optree of gaan dit maar net as statistiek verwyn of Is die betrokkenes nie geliefd en bemin nie onbekendes?
vra maar net?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.