Man in hof vir beleggingsbedrog

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man het Maandag in die Palm Ridge- gespesialiseerde handelshof in Johannesburg verskyn nadat hy na bewering nagenoeg R40 miljoen van voornemende beleggers gesteel het.

Die man, Matthew Charles Dunn (34), is Saterdag by sy huis in Melville in Johannesburg in hegtenis geneem na afloop van ʼn ondersoek van beleggingsbedrog en diefstal teen hom.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê Dunn het na bewering tussen Desember 2016 en Januarie 2018 geld van beleggers ontvang vir aandele in maatskappye soos Anglo American, Khumba Iron Ore en Wesizwe, ter waarde van altesaam meer as R1 miljoen.

“Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat Dunn nie self aandele in een van dié betrokke maatskappye besit het nie. Hy het egter valse dokumentasie aan beleggers as bewyse van dividende verskaf.”

Sowat R40 miljoen is na bewering in Dunn se bankrekening inbetaal deur die voornemende beleggers.

“ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is verlede Vrydag uitgereik. Hy is vasgetrek en staan tereg op aanklagte van bedrog en diefstal.”

Dunn is Maandag op borgtog van R200 000 vrygelaat. Hy sal na verwagting weer op 18 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Mnr.Dunn het mooi geleer by ander mense wat dieselfde siekte het.Die siekte word gierigheid genoem.Die enigste medikasie wat daarvoor help is tronkstraf.Geniet jou tyd daar binne.

Lynette ·

Ongelukkig kom baie nog met hierdie tipe bedrog weg en lewe ‘n luukse lewe met ander mense se geld.

NetM ·

So nvg vat R200k en hulle weet dit is nie sy geld nie, dit is die beleggers se geld.

koos ·

Ek onthou nog met skok die TV program waar hulle destyds onderhoude met die Krion slagoffers gevoer het. Daar was spesifiek een ouerige manspersoon wat by sy marbelite kombuisstelletjie gesit en ruk het soos hy huil omdat hy niks meer geld oor het nie maar hy moet nog vir sy vrou, sy geskeide dogter en die kleinkinders sorg. Hy het erken, hy is nie die skerpste mes in die laai nie maar die kerk het gesê dis alles in orde as hy sy Yskor skeidingspakket by Krion belê. Nou is daar niks.
Ek hoop van harte daar is ‘n spesiale VIP plek in die Hel vir mense soos J Arthur Brown, Marietjie Prinsloo, Jaco Jordaan, Matthew Charles Dunn, ensovoorts.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.